top of page

Cecilia het steeds jou hulp nodig

SH HATTINGH

27 October 2020

Haar dokter, sowel as die susters, is baie tevrede met hoe die wonde lyk. Cecilia gaan wel in November veloorplantings moet ondergaan, wat ‘n groot bedrag gaan beloop.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Cecilia Earle, ‘n jarelange inwoner van Ermelo, was op Donderdag, 8 Oktober 2020 betrokke in ‘n tref en trap ongeluk met ‘n swaar motorvoertuig. Cecilia sterk baie goed by haar suster aan. Sy besoek haar dokter elke tweede dag, waar al haar wonde skoon gemaak en behandel word. Haar dokter, sowel as die susters, is baie tevrede met hoe die wonde lyk. Cecilia gaan wel in November veloorplantings moet ondergaan, wat ‘n groot bedrag gaan beloop.

Die gesin beskik nie oor ‘n mediese fonds om te help met al die mediese onkostes nie. Die gemeenskap word versoek om hul harte oop te maak, en by te dra waar hulle kan. Nicoline Griffiths, wat die President van die Ermelo Rotary Club is, saam met Ralph en Kyle het op Donderdag, 22 Oktober, aan Cecilia ‘n rolstoel oorhandig. Baie dankie vir julle hulp. Enige persoon wat meer inligting wil hê is welkom om Sue-Marie by 082 734 0867 te skakel. Die trust fonds is as volg: PWG Prokureurs, Eerste Nasionale Bank, Ermelo, Takkode: 270344. Die tjek-rekeningnommer is 52180048278. Barmhartige samiritane moet asseblief E745/Earle gebruik as verwysing.

COPYRIGHT 2021 | ALL RIGHTS RESERVED

bottom of page