top of page

AfriForum help om buiteklaskamer op te rig

GK CRONJE

2 February 2021

Skole vir ons kinders, en eendag kleinkinders ook, is vir ons baie belangrik en lê ons na aan die hart.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Die AfriForum-tak in Ermelo het in Desember en Januarie as deel van dié organisasie se Ons Dorp-projek gehelp om plaveisel ter waarde van R33 000 by die pre-primêre skool JJ van der Merwe te lê. Dié projek is aangepak om die skool te help om ’n buiteklaskamer vir die kleuters op te rig. Die tak het gehelp om die gedeelte waar die klaskamer is skoon te maak, en ’n kontrakteur is aangestel om die stene te lê. Die buiteklaskamer is ’n groot aanwins vir die kleuterskool, en buiteklasaktiwiteite en verjaarsdagvieringe kan daar plaasvind.

“Skole vir ons kinders, en eendag kleinkinders ook, is vir ons baie belangrik en lê ons na aan die hart. Dit is vir ons as Ermelo-tak lekker om hoop te kan skep in ons skole,” sê Renier van Heerden, voorsitter van AfriForum se Ermelo-tak. Raak vandag nog deel van AfriForum se Ermelo-tak en word deel van die verskil: SMS “Ermelo” na 45350 (R1). Op die foto verskyn Bronwen Pretorius, Heinrich Jansen van Rensburg, Frikkie du Plessis, Marius Nel en Renier van Heerden.

bottom of page