top of page

Ligbron groet oud-Liggie onderwyseres

SH HATTINGH

29 September 2020

Verskeie boodskappe het net gewys in hoeveel mense se harte die Roodt egpaar werklik in geklim het, en watter lewenservaringe elke persoon van hulle geleer het. “Rus sag, Anita. Jy gaan baie gemis word.”

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Die afsterwe van Juf. Anita Roodt op Sondag, 27 September 2020, lê swaar op die Liggies se harte. Anita het ‘n groot rol in die gemeenskap gespeel, en voor haar aftrede saam haar man, Herman Roodt, het hulle baie diep spore in Ligbron getrap. Vele oud-Liggies maak steeds melding van die invloed wat dié egpaar in hulle lewens gehad het. Juffrou Anita was 'n legende in haar tyd, en was baie bekend vir die musiekblyspele wat sy saam met mnr. Herman by Ligbron so suksesvol aangepak het.

Die Liggies dink met die grootste waardering aan haar terug, en bid vir haar geliefdes troos en sterkte toe. Hené Swanepoel ‘n oud-Liggie het so ‘n spesiale boodskap op Anita se Facebook blad gelos, en dit het presies vir Anita beskryf, en hoe baie mense haar gesien het: “Liewe Jesus het gekies om vandag hierdie legende te kom haal ❤ Liefste juffrou Roodt, juffrou was nog altyd my rolmodel in die onderwys, mag ek juffrou se fantastiese gees op kultuur vlak en met tieners voluit voort leef in my onderwys jare!!! So bly ons kon laasjaar vir oulaas lekker kuier!! Rus sag by Jesus!! Love you always❤ ”.

Verskeie ander boodskappe het net gewys in hoeveel mense se harte die Roodt egpaar werklik in geklim het, en watter lewenservaringe elke persoon van hulle geleer het. “Rus sag, Anita. Jy gaan baie gemis word.”

bottom of page