top of page

AfriForum rig watertenks op in Piet Retief

GK CRONJE

29 September 2020

Die AfriForum-tak in Piet Retief het onlangs hul eerste ses noodwaterpunte op strategiese plekke in die dorp opgerig, sodat inwoners en gemeenskapslede in tye van nood toegang tot water sal hê.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Die AfriForum-tak in Piet Retief het onlangs hul eerste ses noodwaterpunte op strategiese plekke in die dorp opgerig, sodat inwoners en gemeenskapslede in tye van nood toegang tot water sal hê.
Deborah Straat, Jasmyne Straat, Magnolia Straat, Piet Retief-moskee en die AGS Kerk Fontana is almal voorsien met watertenks wat 5 kiloliter water kan hou.

AfriForum bedank graag vir Build It, wat die tenks voorsien het. Inwoners word genooi om gebruik te maak van die waterpunte gedurende die twee-weke lang waterinperking soos bekendgestel. “Die projek se sukses en volhoubaarheid is afhanklik van die hele gemeenskap se samewerking en betrokkenheid. Ons wil gemeenskapslede wat daartoe in staat is, aanmoedig om tot dié projek by te dra, veral persone wat boorgate het en kan help om water te verskaf. Ons wil graag nóg waterpunte in die Piet Retief-omgewing oprig om meer water tydens onderbrekings beskikbaar te stel.” sê AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld, Bronwen Pretorius.

bottom of page